Suurlemoen- en tiemie-hoender

Hierdie resep vir ’n een skottel suurlemoen- en tiemie-hoendergereg bevat geen gemmer nie, maar die smaak is onverbeterlik.

Bestanddele:

 

3 uie, geskil en kwarte
3 knoffelhuisies, grof gekap
4 – 6 medium aartappels met vel op, geskrop en in kwarte gesny
8 hoenderstukke
6 vars tiemie takkies
Sout en varsgemaalde swartpeper
Skil van 1 suurlemoen
3 eetlepels olyfolie
½ koppie droë witwyn (of meer aftreksel indien u verkies om nie wyn te gebruik nie)
½ koppie hoenderaftreksel

Metode

 

Rangskik die ui, knoffel en aartappels in ’n oondbak.

Plaas die hoenderstukke bo-op en strooi die tiemietakkies bo-oor.

Geur met skil, sout en peper.

Gooi olyfolie oor.

Giet die wyn en aftreksel in die pan.

Bak vir 45 – 50 minute in ’n voorverhitte oond van 200ºC of totdat die hoender en aartappels gaar is.
Bron: Toorkombuis

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?