Stokperdjie-maand

Januarie is stokperdjie-maand en ons almal het ’n stokperdjie of drie waarvan ons baie hou. Of jy nou daarvan hou om gedigte te skryf, boeke te lees of musiekinstrumente te speel. Om ’n stokperdjie te hê is goed vir jou gemoedstoestand want dit hou jou gedagtes besig.

Die hele maand lank is hierdie viering een van die maklikste én lekkerste dinge om te doen. Al wat jy moet doen, is om jou stokperdjie(s) te geniet. Daar is honderde stokperdjies wat mense dwarsoor die wêreld beoefen. Hier is ’n paar van hulle:

  • Baie mense versamel dinge soos ou antieke items.
  • Baie mense hou daarvan om te kook.
  • Party mense verkies dit om te verf.
  • Daar is ook persone wat daarvan hou om gedigte te skryf.
  • Om musiekinstrumente te speel, is ook ’n stokperdjie.
  • Om jou tuin te versorg en mooi te maak is ’n buitemuurse tydverdryf waarvan baie hou en wat hulle besig hou.

Het jy ’n stokperdjie wat jy geniet? Deel jou storie met ons deur vir ons ’n Facebook-boodskap te stuur of ’n e-pos na mymatzikama@lumico.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?