Speserymengsel

Geen mens kan kerrie eet sonder om mondjie vir mondjie die vuur te gaan soek in rissie of fenugriek nie. Jou aandag is by die borrie en koljander, die tikkie mosterd en die papawersaad wat jou so effe onkant betrap, maar dit hoef nie noodwendig kerrie te wees nie. Probeer die speserymengsel wat as ’n vryfmengsel ’n ribbetjie laat lewe kry, met ’n eetlepel vol woema gee aan ’n bredie en frikkadelle laat riel dans van genot.

Bestanddele:
4 eetlepels klewerige donker bruinsuiker
1 eetlepel mosterdpoeier
1 eetlepel sout
1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
2 teelepels paprika
1 teelepel droë tiemie
1 teelepel droë oreganum
1 teelepel rooipeper
1 teelepel fyn wonderpeper

Metode:
Meng al die bestanddele saam en bêre in ’n lugdigte fles.
Gebruik dit as vryfmengsel en vryf ’n handvol van die mengsel in vleis of hoender ’n uur voordat jy dit braai of in die oond rooster.
Wanneer jy ’n lekker bredie maak, kan jy ’n eetlepel of twee byvoeg en jy hoef geen ander geurmiddels in jou frikkadelmengsel te gebruik nie.

Resep verskaf deur www.toorkombuis.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?