Soet idees vir Paasfees

Dit is Paasfees en ons het ’n oulike idee vir ma en dogter of selfs vriendinne vir Paas-kolwyntjies. Daar is niks so lekker soos ’n soetigheid ná ’n heerlike bord kos op Paasdag nie.

1. Nes eiers

Bedek bloot jou gunsteling-kolwyntjies met wit versiersel, krummel ’n bietjie Flake-sjokolade bo-oor om die nessie te skep, en sit dan ’n paar Speckled Eggs-lekkers bo-op.

2. Mandjies soetigheid

’n Bietjie meer moeite, maar die moeite werd as jy tyd het. Ouer kinders behoort dit te geniet om dit saam met jou te maak. Bak jou kolwyntjiedeeg in wafelkoppies, versier dit en strooi gekleurde klapper bo-oor vir die nessie. Voeg eiertjie-lekkers by en ’n smal, lang droplekker vir ’n handvatsel. (Creative Mammas)

3. Konyn-ore

Nog ’n eenvoudige, maar heerlike idee. Maak hierdie oulike konynomhulsels so: Koop kolwyntjiedoppies, knip die ore uit stywe wit papier, voeg binneoor-stukke van gekleurde geskenkpapier by en plak dit vas aan die doppies. Ouer kinders behoort dit te geniet om jou te help. (Giggles galore)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?