Smullekker malvapoeding

Daar is niks so lekker soos ’n heerlike stukkie malvapoeding ná ’n bord boerekos nie. Hierdie poeding kan koud of warm bedien word.

 

Deeg:

  • Meng 5 ml koeksoda en 125 ml melk in ’n aparte bakkie
  • 375 ml meel
  • 125 ml suiker
  • 2 eiers
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 25 ml botter
  • 1 ml sout

Voeg die koeksoda-en-melk-mengsel by res van die bestanddele en meng. Skep in ’n oondvaste tertbak en bak die poeding by 180 grade vir 25 minute of tot dit bruin is.

 

Sous:

  • 250 ml water
  • 250 ml room
  • 250 ml botter
  • 25 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel

Voeg die bestanddele vir die sous in ’n potjie en verhit op die stoof tot alles gesmelt is. Verlaag die hitte en laat die sous vir ’n ruk lank prut. Gooi die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Geniet die malvapoeding warm of koud met vla of roomys.

 

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?