Salami- en roomkaashappies

Dié maklike en lekker vingerete-happies sal voorbereiding vir enige vakansie-onthaal maklik maak. Jy kort slegs salami, roomkaas, olywe en tandestokkies om hierdie rolletjies te maak.

Bestanddele:

1 houer roomkaas, kamertemperatuur
1 pakkie salami
1 pakkie groen olywe, ontpit

Metode:

  1. Plaas ’n skyfie salami op ’n plat oppervlak en smeer ’n dun laag roomkaas op. Rol op en plaas drie tandestokkies ewe ver van mekaar af aan die oop kant van die rolletjie.
  2. Plaas ’n olyf op elke stokkie teenaan die salami. Sny die rolletjie in drie, tussen die tandestokkies.
  3. Doen dieselfde met die res van die bestanddele en bedien.

Resep verskaf deur agriorbit.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?