Reuk raakgevat: Vang die laaste dae van somer vas

My ma noem Mei die Indiese somer. Hier onder op die suidelike punt van Afrika het ons nog een ekstra maand voor die winter koue in sit, waar ons die somer rokkies met blom patrone, sandale en hoedens kan uithaal. Om die finale soen van somer te vier, het ek vier reukwaters bymekaar gebring wat die sonsondergang van die seisoen vasvang, van sappig en verleidelik, tot ligte, skitterende en romantiese reuke, vertel Liezel Malherbe van 9Lives.co.za
Chloé Love Story Eau Sensuelle
Van R935, by uitgesoekte winkels

Die parfuum is geïnspireer deur die sonsondergang in Parys, wanneer dakke uitstaan teen die roesrooi lug; wanneer die dag besig is om te vervaag en in sy plek is daar romanse en opwinding in die vroeë ure van die aand; die tyd vir sensuele verleiding.

Die sap is so soet as die liefde, met sitrus, peer en lemoenbloeisel gevolg deur oorlosieblom en sonsoekertjie ten harte, en warm notas van seder, barnsteen, muskus en sandelhout wanneer dit droog word.

Die vorm van die bottel speel op die Pont des Arts waar duisende slotte teen die brug gesit is, wat liefde en lojaliteit simboliseer. Die kleur van Love Story Eau Sensuelle ontlok verder nog die skakerings van ’n sonsondergang, glinsterend agter die geplooide glas.

As jy wit blomryke geure geniet, dan is dit die moeite werd om te probeer.
Missoni Eau de Toilette
Van R705, by uitgesoekte winkels

Die bottel alleen laat my dink aan ’n tropiese sonsopkoms met warm gloede van oranje en geel wat saamgegooi word regoor die gekurfde glas. Hierdie parfuum het dieselfde speelse en charismatiese vroulikheid waarvoor Missoni bekend is.

Jy sal dadelik die skitterende, sappige bloedlemoen, Nashi-peer en pienk bessies ruik. Die aroma maak dan oop na ’n blomhart met kammetjie, pinksterroos en rooswater-uittreksel voor dit droog word in sagte muskus, wit sederhout en sonsoekertjie-blomme.

Die algehele effek is dinamies, gerond en smaakvol. As jy lief is vir warm vrugtegeure, gee hierdie reukwater ’n kans.
Cartier Baiser Fou
Van R1180, by uitgesoekte winkels

Dit is die nuutste soet verleiding van Cartier, vroulik en stout soos ’n klikbekker-soen van lipstif op die kraag.
Dit is ’n onbeskaamd genotsugtige reuk. Jy sal dadelik die geure van sappige framboos, dekadente wit sjokolade en romerige vanielje kry, toegevou rondom die hart van sagte orgideë.
As jy hou van soet, sappige reuke, dan sal jy mal wees hieroor.
Montblanc Lady Emblem Elixir
Van R745, Clicks, Dis-Chem, Edgars, Foschini, Red Square & Truworths

Lady Emblem Elixir bou voort op die oorspronklike aanloklikheid van die Lady Emblem-reuk, maar hierdie vrou is net nog meer verleidelik, met ’n aantreklike selfversekerheid in haar natuurlike skoonheid.

Die geur is oorheersend blomme en sitrus, beklemtoon deur hout en speserye. Dit open met geure van damasrose, mandarynse lemoene en geurige swart peper, gevolg deur ’n blomhart van iris, lemoenbloeisel, jasmyn en rose. En uiteindelik droog die reuk tot ’n troostende vanielje, sandelhout en patchouli.

As jy vars blomreuke geniet, dan dink ek hierdie sal ’n hartedief wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?