Raak vinnig ontslae van onaangename reuke in jou huis

Sukkel jy met slegte reuke in jou huis? Hier is oplossings wat jou sal help om ontslae te raak van daardie slegte reuke:

Yskas:

’n Yskas is een van die plekke wat maklik kan begin sleg ruik. Dit word veroorsaak deur produkte wat te lank in yskas gestaan het of wat verval het. Jy kan vanielje in ’n houer gooi en dit in jou yskas sit of jy kan jou yskas skoonmaak met seep en warm water. Koeksoda is ook ’n oplossing wat sal werk. Dit sal help om daardie onaangename reuke te verwyder.

Sigaretreuke:

Sigaretrook is een van die slegste reuke wat in jou huis kan wees. Al wat jy moet doen is om witasyn op ’n ou handdoek te gooi, droog dit dan uit en swaai dit in elke vertrek waar sigaretreuke is. Sitrusskille is ook ’n opsie wat sal werk. Dit sal help om die reuk weg te vat.

Vullisdrom:

Die vullisdrom in jou huis kan ook maklik begin sleg ruik. Maak seker om die vullisdrom te verwyder sodra dit begin stink. Jy moet ook gereeld jou vullisdrom was. Gebruik koeksoda as jy die vullisdrom was of jy kan selfs skoonmaakmiddels soos Handy Andy of Domestos gebruik.

Matte:

Die eerste ding wat jy moet doen as jy agterkom die matte in jou huis stink, is om die vensters in daardie vertrek oop te maak en dan jou matte behoorlik te stofstuig. Jy kan weer koeksoda gebruik om van die reuke ontslae te raak.

Probeer hierdie oplossings indien jy volgende keer ’n slegte reuk in jou huis het. Dit sal jou huis beslis vars laat ruik!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?