Raad wat help vir sooibrand

Dit is amper weer tyd vir Kersfees en dit beteken dat almal bymekaar kom om gesellig te wees, lekker te kuier en smullekker geregte te geniet. Die nagevolg van die smullekker geregte is egter nie so lekker as jy sukkel met sooibrand nie.

Hier is ’n paar wenke wat jou vinnig sal help om jou sooibrand-probleem op te los.

  • Meng twee eetlepels suurlemoensap in louwater na etes en drink dit
  • Maak koeksoda in kookwater aan en drink dit
  • Jy kan ook een teelepel witsuiker eet
  • Meng ’n botteltjie Turlington met een blikkie kondensmelk en neem dit voor jy enige kossoort gaan eet.
  • Eet ’n appel of piesang
  • Drink een groot glas water
  • Jy kan ook kougom eet
  • Gemmerpoeier in louwater is ook ’n oplossing
  • Meng ’n halwe koppie water met suurlemoensap en een teelepel koeksoda
  • Jy kan ook produkte koop soos Eno, Rennie,Gaviscon of Citro-Soda wat sal help met sooibrand.

Probeer een van hierdie wenke vir sooibrand. Dit is dalk die perfekte oplossing wat sal help om jou probleem op te los.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?