Paklys wat sal help vir jou vakansie

Beplan jy en jou gesin dalk om die laaste paar dae voor jou vakansie iewers te gaan kamp sodat jy 2018 se werk- en skooljaar op die regte noot kan begin? Mens is geneig om dinge te vergeet terwyl jy besig is om in te pak. Dit hoef nie die geval te wees nie.

Hier is ’n lys wat jou en jou gesin sal kan help sodat julle alles kan inpak vir julle nodig het:

  • Maak seker dat jy alle reisdokumente, identiteitsdokument, rybewys, kredietkaarte of kontant bymekaar sit.
  • Maak ook seker dat jy noodsaaklikhede soos oorpluisies en leesstof inpak.
  • Pak jou noodhulpkissie in – dit is een van die belangrikste items wat jy nie mag vergeet nie.
  • Items soos sjampoe, lyfwasmiddel, tandeborsels en tandepaste, deodorant, haarborsels en ’n kam is ook nodig.
  • Onthou ook sonbeskerming.
  • Pak klere in vir alle weersomstandighede.
  • Gemaklike skoene.
  • Kussings, beddegoed en handdoeke moet ook ingepak word.
  • Kry medikasie vir rysiekte die dag voor julle die lang pad aandurf.
  • Items soos kameras, verkykers, laaiers vir selfone en kamera moet ook by wees.
  • Maak ook seker dat jy ’n goeie GPS-navigasietoestel of ’n padkaart gebruik.
  • Tref voorsorgmaatreëls vir inspuitings teen malaria.
  • Maak ook seker dat jy kamptoerusting pak soos flitse,tente, slaapsakke, braaitoerusting – jy kan ook jou naaste hardewarewinkel besoek indien jy onseker is oor wat jy alles moet saam neem.

Maak seker dat jy hierdie lys gebruik indien jy dalk daardie uitstappie saam met jou gesin beplan waarvoor jy al lank gewag het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?