Oondgebraaide Kentucky-hoender

Daar is niks so lekker soos ’n heerlike bord gekookte kos op ’n Sondag saam met jou gesin nie. Gebraaide hoender, aartappel, rys en groente wat so lekker ruik dat dit jou mond laat water terwyl dit nog gaar word. Hieronder volg ’n heerlike gebraaide hoender resep soos die kolonel dit sal maak. Dit is genoeg vir 4 mense.

Bestanddele:
8 hoenderstukke
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap
2 koppies karringmelk
2 koppies koekmeelblom
½ koppie broodkrummels
2 teelepels sout
1 teelepel varsgemaalde swartpeper
2 eetlepels paprika
2 eetlepels droë gemengde kruie
1 teelepel rissiepoeier
1 teelepel mosterdpoeier
1 hoenderaftrekselblokkie, verkrummel
1 teelepel fyn wonderpeper
¼ koppie olie

Metode:
Geur die hoenderstukke met sout en peper en plaas saam met die karringmelk en knoffel in ’n glasbak, bedek met kleefplastiek en laat oornag in die yskas staan.
Meng die res van die bestanddele (behalwe die olie) saam en keer op ’n vlak bord uit.
Haal die hoenderstukke uit die karringmelk, skud die oortollige karringmelk af en druk in die kruiemeelkrummelmengsel sodat elke stuk alkant bedek is.
Plaas die hoenderstukke op ’n bakplaat.
Giet die olie in ’n sproeikannetjie en spuit ’n bietjie olie op elke hoenderstuk.
Bak in ’n voorverhitte oond van 200⁰C vir ongeveer 45 – 50 minute of totdat jy seker is die hoender is heeltemal gaar.
Bedien saam met kapokaartappels en ’n lekker koolslaai.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?