Ons gesels met Kaapse fotograaf, Krisjan Rossouw

Krisjan Rossouw is ’n self-geleerde fotograaf van Kaapstad. Ten spyte van die feit dat hy geen formele opleiding het nie, word sy werke deur plaaslike en internationale versamelaars opgekoop. Hy werk eenvoudig met sy Nikon D5000 en ’n basiese lens, sonder enige tripod of professionele beligting. Aanvanklik kon hy nie hierdie toerusting bekostig nie, en nou voel dit nie reg om dit te gebruik nie.

Sy onlangse reeks, “We Never Dreamt of Seas”, was sy tweede solo uitstalling en het uit 23 foto’s bestaan. Dit brei uit op sy “Dark Paradise-”reeks en ondersoek die verhouding tussen identiteit en geskiedenis, verteenwoordig deur die see en items wat op strande uitspoel.

Rossouw het maande bestee om bamboes te versamel. Sy foto’s simboliseer die see as ’n plek van vernuwing, ’n bron van kos, maar dan ook die roete waarmee slawe vervoer is.

Liezel Malherbe van 9Lives.co.za het met Rossouw gesels oor sy kreatiewe proses.

LM: Ek vind jou werke het ’n mistieke, misterieuse element, asof die figure ’n geheime mag besit. Was hierdie enigsins jou bedoeling?

KR: Baie dankie. Maar nee, dit was nie aanvanklik my bedoeling nie. Ek dink ek het probeer ontslae raak van oortollighede en om kontak te maak met ’n oomblik van waarheid wat vanaf die model gekom het. ’n Oomblik van intimiteit.

’n Deurlopende tema in my werk is die idee van stil krag in my modelle. Baie van die mense met wie ek werk is professionele modelle wat vanuit Afrika en die res van die wêreld kom. Saam met hulle doen ons weg met lae – ons verwyder grimering, stilering, selfs meeste soorte klere. Ek wil ’n enkele, ware foto vasvang van iemand wat gewoonlik voorgee of pose vir ’n lewe.

Dan vind ons oomblikke waar dit eenvoudig twee mense is wat iets deel – nie net ’n model en fotograaf nie. Ek probeer om ’n omgewing te skep waar mense gemaklik is om hulself oor te dra. Ek is geweldig aangetrokke tot daardie oomblikke van innerlike krag wat oorgedra word. Dis nie iets wat ek skep nie. Dit is iets wat die modelle my toelaat om te sien en dan vas te vang.

LM: So gaan jy met ’n vaste idee in ’n fotografie-sessie in, of verander die idees in die proses?

KR: Die proses is totaal en al organiese en ’n samewerking met die model. Ek sal dalk begin met ’n motief of voorwerp (’n plant of ’n stuk bamboes) wat praat tot die reeks waaraan ek werk, maar wanneer ons begin skiet sal dit ’n gedeelde kreatiewe proses wees.

Ek probeer veel eerder die verhouding tussen ons vasvang. Ek het nooit ’n vaste plan met die spesifieke foto wat ek wil neem nie. Ons gesels, neem ’n paar foto’s, gesels weer, neem weer. En dan sal ek eers dae later na die foto’s kyk.

LM: Waar kry jy idees vir ’n nuwe reeks? Kry jy inspirasie van dinge in jou lewe?

KR: My kop is altyd vol idees van hoe ek items wil vasvang. Ek kry baie inspirasie van die natuur. Plante was byvoorbeeld die hoofonderwerp van my “Dark Paradise” reeks, veral geharde soorte – lewende dinge wat oorleef ten spyte van harde toestande.

My nuwe reeks kyk weer na die skoonheid van weggooi- of verlore items – daar is seker ook ’n soort simboliek hieraan as jy kyk na die modelle wat ek gebruik. Hulle inspireer my meer as enigiets anders: hul stories, die paaie wat hulle tot hier geloop het, die geskiedenis waaruit hulle kom.

Natuurlik kry ek ook idees vanuit my eie lewe. Ek het nie met baie grootgeword nie, maar ek het altyd ’n behoefte gehad om mooi goed te maak, al was dit uit eenvoudige goed wat ek opgetel het.

My verhoudings met die modelle het ’n hele nuwe wêreld oopgemaak van hoe mens dinge kan voorstel. Hoe my idees, hulle ervaring en ons samewerking bymekaar kan kom tot ’n eindproduk.

LM: As jy vir jou jong self ’n brokkie raad kon gee, wat sou dit wees?

KR: Ons ALMAL het betekenis. Ons het nog altyd gehad. Weet dit, en glo dit.

Besoek krisjanrossouw.com vir nog.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?