Oe la la! Olyfolie!

Olyfolie is een van die duurste bestanddele in die kombuis. Dit is gevul met antioksidante, dit verlaag cholesterol en verminder die risiko vir moontlike hartaanvalle. Daar is wel meer as net voedingswaarde in hierdie meesterlike olie. Jy kan dit in jou huis en op jou liggaam gebruik vir verskeie ander doeleindes.

  • As jy hare naby jou liggaam moet skeer, spoel die area af en gebruik die olie as ’n smeerolie om die hare egalig te skeer.
  • Jy kan jou ou houtmeubels daarmee poleer deur dit te meng met ’n bietjie suurlemoensap. Jy kan ook jou skoene poleer, maar sonder die suurlemoen.
  • Verwyder grimering van jou oë deur ’n stukkie watte daarmee te bevog en liggies die grimering af te vee. Was dan jou gesig soos gewoonlik.
  • Jy kan jou eie lipsalf maak vir droë lippe, deur olyfolie te meng met ’n bietjie suiker.
  • Smeer jou maatlepels in jou kombuis uit met olyfolie. Dit sal sorg dat taai bestanddele makliker skoonmaak.
  • As jy ’n droë vel het, gebruik olyfolie as ’n bevogtiger. Versigtig om nie te veel op een slag te gebruik nie.
  • Daar is ook verskeie gesig- en haarmaskers met olyfolie as hoofbestanddeel. Probeer die eerste beste resep wat jy op die internet kry.
  • Olyfolie werk ook goed om ’n ritssluiter wat vashaak, los te kry. Gebruik ’n oorstokkie om versigtig die olie aan die ritssluiter te smeer. Probeer daarna om die zip los te kry.
  • Olyfolie is nie net goed vir jou liggaam nie, maar ook vir jou kat sin. Gooi ’n teelepel vol oor elk van jou kat se maaltye. Die help om haarbolle te verminder.
  • ’n Slukkie olyfolie voor jy gaan slaap is soms genoeg om te verhoed dat jy snork, omdat dit jou keel bevog.
  • Jy kan krakerige deurgeluide stil maak deur ’n bietjie olie aan te smeer.
  • As jou baba ’n uitslag op sy boudjies het kan jy dit behandel deur olyfolie daaraan te smeer.
  • Olyfolie kan verf en kougom uit jou hare verwyder. Smeer olyfolie aan die betrokke haararea en los vir so 10 minute aan. Verwyder die kougom met gemak. Jy kan ’n stukkie watte gebruik om die verf af te vryf.
  • Smeer olyfolie aan jou nuwe kershouer. Kersvet sal maklik daarna skoongemaak kan word.
  • Maak ornamente en potte van vleklose staal skoon met olyfolie. Dit sal nie skade aanrig soos sommige ammoniak-gevulde skoonmakers nie.
  • Vir taai plakkers wat jou kleuter dalk iewers in die huis geplak het – smeer olie daaraan,  laat dit vir ’n paar minute staan en trek die plakker met gemak af.
  • Olyfolie werk ook baie goed om leer te behandel. Smeer aan en los vir so 30 minute sodat dit kan intrek. Vryf dan net verder die leer-item op vir ’n meer poleerde afronding.
  • Jy kan ook jou tuintoerusting met olyfolie opvryf en gevolglik grondaanpaksel daarop verminder.
  • As jou kleinding dalk haarluise by die skool optel, kan jy olyfolie aan die haredos smeer. Los die olie vir so 40 minute aan en shampoe ten minste twee keer daarna. Behandel die kopvel verder met ’n behoedmiddel vanaf die apteek.
  • Gebruik olyfolie as ’n veelsydige bevogtiger of smeermiddel. Wees net versigtig vir die hoeveelheid wat jy gebruik.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?