Noodhulp vir bak

Wanneer ʼn mens heeldag in die kombuis werk, leer jy maar op die tref-en-trap manier. En jy hou jou oë en ore oop vir die wyshede van ander. Jy versamel miljuisende wenke sonder dat jy eens bewus is daarvan.

Hier is die handigste wenke wat jou help wanneer jy in die middel van ʼn bak- of kooksessie is, jou koskas oopmaak en besef jy het nie een van die allerbelangrikste bestanddele nie:

  1. Vir 1 teelepel bakpoeier – ¼ teelepel koeksoda, ½ teelepel kremetart en ¼ teelepel mielieblom
  2. Vir 1 koppie bruismeel – 1 koppie koekmeelblom, 1½ teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout
  3. Vir 1 koppie “Corn syrup” (die Amerikaanse koekieresepte wemel hiervan) – 1 koppie gouestroop
  4. Vir 1 koppie molasse – ¾ koppie sagte bruinsuiker verhit saam met ¼ koppie water totdat die suiker heeltemal opgelos het.

Wenke verskaf deur Toorkombuis. Vir nog wenk en resepte, besoek Toorkombuis se webtuiste by toorkombuis.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?