How to Murder Your Life deur Cat Marnell

As jy bekend is met Cat Marnell dan weet jy al klaar wat om te verwag van haar memoir, How to Murder Your Life. Hel, dis alles in die titel, is dit nie?

As jy nie die peroxide-blond sosiale vlinder van New York City ken nie, laat ek jou dan op hoogte bring: Dit gaan een mal reis wees. Verbeel jou Courtney Love ontmoet vir Lindsay Lohan tesame met baie, baie kokaïne. Die boek is brutaal en verwoestend, maar ook geheel en al fassinerend.

Marnell het ’n donker sin vir humor en ononderbroke eerlikheid wat hard en briljant is, en haar skryfstyl is vol frenetiese beskrywings wat so intens is, dat jy haar gemors van ’n lewe reg voor jou oë kan sien. En gedurende alles weet jy die trein gaan by die afgrond kom, maar jy kan jou oë nie wegskeur nie.

How to Murder Your Life begin soos enige goeie memoir moet – by die begin. Marnell het groot geword in ’n ryk, maar disfunksionele huishouding, met ’n sielkundige terapeut vir ’n ma en ’n sielkundige vir ’n pa. Maak reg vir ’n groot sak probleme. Haar huislewe was hoogs plofbaar en Marnell se opvoeding het haar gelos met ’n uiters lae selfbeeld en min sosiale vaardighede wat nóg hartseer in haar lewe veroorsaak.

Dit bygesê, is sy ook ongetwyfeld ’n bedorwe brokkie wat haar kanse geheel en al verspeel het (sy is geensins blind vir hierdie feit nie), wat begin het met haar duur hoërskool opvoeding. Dis tydens hierdie jare by ’n eksklusiewe, opgetoë kosskool waar sy ADHD-medikasie ontdek het, voorgeskryf deur haar pa, in die hoop dat dit haar punte sal verbeter. Vinnig was sy die beste in haar klas, en sy het ook gewild begin word in die sosiale kringe wat maar te gelukkig was om in haar ‘oorvloed’ te deel. Natuurlik het dinge het nie goed uitgewerk nie.

Ten spyte van haar selfverwoestende persoonlike lewe, het Marnell nog steeds dit reggekry om ’n werk te kry as skoonheidsredakteur by Lucky-tydskrif, een van die nommer een Condé Nast-titels op daai tyd. As jy enigsins in die skoonheidsbedryf is, sal jy van kop tot tone ril wanneer jy lees hoe sy dit opgemors het.

Internasionale skoonheidsredakteurs in daardie dae is omtrent gepamperlang. Daar was internasionale mediareise en eersteklas-vlugte, mal media-pakkies met ontwerpers-geskenke en etes met die top name in die bedryf. As Jennifer Lopez ’n perfuum geloods het, dan kon jy haar persoonlik ontmoet. Jy kon middagete met Gwen Stefani eet. Of skouers geskuur het met Anna Wintour. Baie van ons sou ’n nier verkoop om in daardie posisie te wees. Marnell sou. Sy wou die werk gehad het sedert sy 15 jaar oud was.

So jy sou dink dat sy haarself sou uitsorteer wanneer sy uiteindelik die werk gekry het? Ongelukkig is dít wanneer die papaja rêrig die waaier getref het.

So ja, maak gereed om te sien hoe dwelms ’n persoon vasvang en opeet van binne. Dis hoe een persoon dit reggekry het om alles weg te gooi. En tog wil jy dit alles lees. Dit is een van die beste boeke wat ek in jare opgetel het en terwyl Marnell se lewenskeuses afgryslik is, bly ek geboei deur haar vermoë om ’n storie te weef.

Sy is vreesaanjaend, pittig en sy ontbloot alles tot op die been. Ek hoop regtig sy sorteer alles hierdie keer uit, want haar stem is uniek, verfrissend en ’n krag om mee rekening te hou.

How to Murder Your Life deur Cat Marnell R340, penguinrandomhouse.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?