Maklike maalvleis spekrolletjie-resep

Probeer hierdie maklike en smullekker maalvleis spekrolletjie-resep. Dit mag dalk een van jou gunsteling geregte word.

Bestanddele:

500 g maalvleis
1 groot gebraaide ui of 1 rou gerasperde ui
2 snye geweekte brood in melk (uitgedruk) of 2 aartappels grof gerasper
’n groot handvol hawermout
1 eier
2 eetlepel gekapte pietersielie
1 fyngekapte knoffelhuisie – of ½ teelepel knoffelvlokkies (opsioneel)
1 teelepel fyn koljander – (of gebruik 1 teelepel kerrie in plaas van koljander)
1 eetlepel asyn
1 t sout
1/2 teelepel bakpoeier

Metode:

  • Meng al die bestanddele saam en rol in klein balletjies.
  • Draai spek om die balletjies en ryg op sosatiestokkies.
  • Bak in die oond en smeer nou en dan Jimmy’s-marinadesous op vir ’n lekker geur.
  • Hierdie happies kan selfs op die kole gebraai word.

Vir bestellings en meer inligting gaan na nieuwoudtvilleslaghuis.com. Resep verskaf deur www.facebook.com/nieuwoudtvilleslaghuis/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?