Maaskaas-, heuning- en kaneelroomys

’n Smullekker roomys vir dié van ons wat van ’n bietjie minder soet hou. Die smaak herinner nogal so ’n bietjie aan kaaskoek – yskoud en heerlik vir die warm dae wat voorlê.

Bestanddele:

500 ml room

1 x 250 g houer gladde maaskaas

125 ml fynbosheuning

5 ml vanielje-ekstrak

’n knippie kaneel

Metode:

Giet 60 ml van die room saam met die maaskaas, heuning, vanielje-ekstrak en kaneel in ’n mengbak en klits tot glad. Klits die res van die room in ’n aparte mengbak totdat dit stywe puntjies vorm. Vou die room versigtig in die maaskaasmengsel en giet in ’n plastiekhouer met ’n deksel. Vries vir ongeveer 3 – 4 uur of totdat die roomys geset het. Haal dit 15 minute voor opdiening uit die vrieskas sodat dit effens sag kan raak.

Resep verskaf deur Toorkombuis. Vir nog smullekker resepte, besoek Toorkombuis se webwerf by toorkombuis.co.za/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?