Maak jou skoonheidsroetine plastiekvry

Volgens ’n navorsing wat deur die Ellen Macarthur-stigting gedoen is, sal daar teen 2050 meer plastiek as visse in die oseaan wees.

Die skoonheidsbedryf vervaardig jaarliks biljoene verpakkingseenhede, maar met hierdie 5 wenke kan jy jou deel bydra tot ’n meer omgewingsbewuste en plastiekvrye skoonheidsroetine.  

1. Gebruik produkte in herwinbare verpakkings

Ondersteun handelsname wat hul velsorgprodukte in glasbottels verpak of verpakkings gebruik wat herwin kan word.

2. Probeer soliede sjampoe en seep

Een van die maklikste maniere om plastiek uit te skakel is om die plastiekhouers in jou stort uit te gooi en jou lyf en lokke met soliede koekies seep en sjampoe te was. As jy egter nie soliede produkte kan gebruik nie, kan jy handelsname koop wat van ’n ekohervulling-stelsel gebruik maak.

3. Skakel oor na ’n bamboestandeborsel

Wanneer jou huidige tandeborsel sy fleur verloor, kan jy gerus ’n bamboestandeborsel aanskaf. As jy eers die 100% bio-afbreekbare, volhoubaar gekweekte bamboesalternatief gebruik om jou tande skoon te hou, sal jy nooit weer na ’n plastiektandeborsel kyk nie.

4. Belê in ’n veiligheidskeermes

Raak ontslae van die goedkoop, weggooibare plastiekskeermesse en belê in ’n veiligheidskeermes. Behalwe dat jy die planeet een plastiekskeermes op ’n slag help red, sal jy op die lange duur ’n hele paar rand spaar, want ’n veiligheidskeermes hoef eers ná ’n paar jaar vervang te word.

5. Raak ontslae van wattetjies en grimeerlappies

Gebruik jou laaste grimeerlappies en wattetjies en verruil dit vir flennie- en katoenlappies wanneer jy weer winkel toe gaan. Dit is net so goedkoop en kan oor en oor gewas en gebruik word.

Dis hoog tyd om hierdie eko-vriendelike roetine op die proef te stel!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?