Maak jou huis mooi met pallette

Baie mense dink dat as jou huis mooi wil maak, jy die duurste meubels moet koop, maar wat mense nie weet nie is dat sommige van die mooiste huise se meubels uit gewone houtpallette gemaak is.

Pallette is maklik verkrygbaar en goedkoop, indien nie verniet nie. Daar is talle ondernemings wat ongebruikte palette het. Jy kan allerlei meubels van pallette maak, van tuinbankies, kopstukke vir jou bed, of selfs jou hele bed. Koffietafels is nog iets jy self vir jou huis kan maak.

Hier volg ’n paar items wat nodig is om pallet-meubels te maak:

Pallette (Maak seker die pallet is netjies en skoon)
Skuurpapier
Tang
Houtlym
Vernis
Wiele (as jy ’n tafel maak wat jy wil rondskuif)
Skroewe

Dit is meestal gereedskap wat jy reeds het. En moet hoegenaamd nie dink dat duurder meubels altyd beter vertoon nie. Meubels wat uit pallette gemaak is, is modern en enig in hul soort. Kry wat jy nodig het en maak iets vir jou huis uit pallette – jou gaste sal beslis beïndruk wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?