Maak jou eie mengeldrankies dié vakansie

’n Mens sal normaalweg niemand aanraai om hul drank te meng nie, maar met mengeldrankies is daar dus ’n uitsondering. Mengeldrankies is drankies wat hoofsaaklik uit gin, whiskey, rum, vodka of brandewyn bestaan. Daarmee kan jy enigiets soos vrugtesap, vrugte en enige ander geurmiddels gebruik.

Hieronder is vier verskillende mengeldrankies wat maklik en bekostigbaar is om te maak.

  • “Sex on the beach”

Bestanddele (vir een glas): 200ml rooibosbessiesap, 100 ml lemoensap, 75 ml vodka en 75 ml perske schnapps.

Meng al die bestanddele saam en bedien met ys. Maak seker dat jy die alkohol eerste ingooi anders sal dit bo-aan dryf.

  • Die Mojito

Bestanddele: ’n Halwe lemmetjie (in 4 dele gesny), 5 mintblare, ’n eetlepel suiker, 50 ml goue rum en sodawater.

Sit die lemmetjie, mintblare en suiker in ’n glas en meng dit saam. Gooi die rum by, dan die soda water en roer. Vir ekstra smaak kan jy aarbeie byvoeg.

  • Long Island Iced Tea

Bestanddele: 25 ml ligte rum, 25 ml vodka, 25 ml gin, 25 ml tequila, 50 ml lemmetjiesap en Coke.

Meng al die bestanddele saam, gooi dit in ’n glas met ys en voeg dan die Coke by.

  • Lemon Drop

Bestanddele: 50 ml vodka, 50 ml suurlemoensap, 1 eetlepel suiker en lemonade.

Meng al die bestanddele saam, gooi dit in ’n glas en maak dan die glas vol met die lemonade.

Vir meer mengeldrankie-resepte, klik hier. www.savethestudent.org/save-money/food-drink/student-recipes/make-your-own-cocktails.html#6)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?