Maak die week meer waardig met voeding

Daar’s verskillende dinge waarop jy dalk fokus in die oggende om gereed te maak vir jou dag. Jy wil graag jou bed opmaak, die beste uitrusting aan mekaar flans, jou hare stileer, jou troeteldier aandag gee en bowenal net betyds wees vir wat wag vir jou dag. As jy wel nie ontbyt het nie, kan jy nie jou beste gee vir die dag se aktiwiteite nie. Jou ontbyt moet sekerlik die mees belangrikste aktiwiteit in jou oggendroetine wees.

Vanjaar is Nasionale Voedingsweek (van 9 tot 15 Oktober) met die tema ‘Ontbyt: Die beste manier om jou dag te begin’. Daar is al jare gelede medies onthul dat ontbyt die mees belangrikse maaltyd in die dag is, tog is dit die maaltyd wat meeste mense afskeep. Baie keer word die maaltyd sommer oorgestaan. Hierdie jaar wil die Departement van Gesondheid nog meer fokus om Suid-Afrikaners aan te moedig om hul oggende op ’n gesonde wyse te begin.

Deur ontbyt in die oggend te hê sal die begin wees van ’n nuwer, gesondheide leefstyl. Wanneer jy in die oggend eet het jy meer energie vir jou dag wat voorlê. ’n Gebalanseerde ontbyt vul jou liggaam met die nodige vesel, vitamiene en minerale. Sodoende kan jy seker wees dat jou liggaamsmassa min of meer dieselfde sal bly. Moet dus nie jou dag verder vul met gemorskos nie. Wanneer jy ontbyt eet, help voorkom dit ook tipe 2 diabetes, hartsiektes en hoë bloeddruk. En dit sit jou in ’n goeie bui as jou maag vol is. Gereelde ontbyt sal ook ’n positiewe uitwerking op jou kind se oggend in die klas hê, want hy of sy al meer gefokus wees en die oggend met albei hande aangryp.

 

Maak seker dat jy elke oggend ontbyt het deur jou ontbyt die vorige aand te beplan of gereed te kry. As jy van ‘smoothies’ hou, kan jy reeds die aand jou vrugte sny en bykomstige bestanddele in jou smoothie-bottel plaas en in die yskas oornag bêre. In die oggend kan jy dit net versap en by die deur uitglip. Jy kan ook vroeër opstaan in die oggend om ontbyt voor te berei. As jy vroeër opstaan sal dit ook voel asof jy ’n voordeel het op die dag, want jy gaan minder gejaagd wees en meer beheer oor jou oggend het. Indien jy en jou gesin sukkel om vroeg op te staan, kan jy verskeie ‘ontbyt-in-’n-pakkie’-produkte aanskaf. Daar is deesdae die mees voedingrykste muesli en droëvrugte-produkte wat jy in ’n pakkie kry. Hou genoeg pakkies of stafies in die kar of in jou handsak vir wanneer julle weer verslaap en nie tyd het om te sit en eet nie. Probeer dus om een van elke voedselgroep-soort in jou ontbyt-bord te hê. Dit is meeste oggende nie moontlik nie, so wissel jou spyskaart elke oggend.

Wanneer jy mettertyd ontbyt elke oggend eet, sal jy ook meer gesondheidsbewus wees vir die res van jou dag se maaltye. Moet dus nie jou gesonde maaltye beperk tot die oggend nie, maar volhou jou nuwe gesonder eetgewoonte. Dit is immers waaroor Nasionale Voedingsweek gaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?