Maak die meeste van jou naweek

As jy jouself bevind in ’n agt uur, vyf dae per week werk, is hierdie ’n moet-lees brokkie vir jou. Om weekliks gebind te wees aan ’n streng skedule met “te doen” lysies is dikwels uitputtend en verg dat jou persoonlike tyd in die wiele gery word. As jy mal is oor jou beroep, maar voel jy het ook ’n tydjie nodig vir jouself, is naweke ’n uitstekende keuse vir ontspan.

Hierdie wenke verseker dat jy jou naweek tot sy volle potensiaal benut:

  • Skakel die week se stres en probleme uit jou gedagtes

Dit is in sommige gevalle ’n reuse uitdaging om af te skakel en te vergeet van werkprobleme. Juis om hierdie rede moet jy persoonlike maniere soos stokperdjies vind om jou mentaliteit te herlaai. Dink sommer vandag aan wat jou gelukkig maak en beplan om dit die naweek te doen.

  • Bring tyd met vriende en familie deur

Studies het bewys dat jy gelukkiger en gesonder voel en leef as jy daagliks met jou geliefdes en naastes kommunikeer. Sielkundiges beweer dat persone wat meer familie en vriende het wat op ’n gereelde grondslag met hulle in verbinding tree, baie beter vaar in hul daaglikse take en opdragte. Dit beteken dat as jy hierdie naweek tyd met jou vriende en familie deurbring, sal dit jou nie net help afskaal van al jou probleme nie, maar ook gelukkiger maak en moed gee vir die besige week wat voorlê.

  • Vermy om te veel huishoudelike aktiwieteite soos skoonmaak te doen oor die naweek

Meeste mense maak dit ’n gewoonte om alle werk in en om die huis te los vir die naweek. Dit is egter ’n reuse fout omdat dit jou tyd steel om te ontspan. Kenners reken dat jy volgens ’n skedule moet werk en liewer elke dag ’n deel moet doen.

  • Beplan jou aktiwiteite

Om jou naweek tot die beste te benut moet jy seker maak jy het ’n plan wat sal verseker jy maak die beste van jou tyd. Beplan wat jy byvoorbeeld in die middae sal doen of watter aktiwiteite jy met wie in die aande sal doen. Op hierdie wyse sal jy seker wees dat niks kosbare naweektyd verlore gaan nie.

Met hierdie wenke is dit gewaarborg jy sal jou naweek goed gebruik en kan afskakel ná ’n uitputtende week van werk. Hierdie raad jou goed te staan kom om ’n blou Maandag te voorkom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?