Louis du Preez gesels oor sy boek

Suné Jordaan van MyMatzikama gesels met Louis du Preez, ’n voormalige kurrikulum raadgewer vir Kuns en Kultuur by Laerskool Vredendal, oor sy kinderboek en CD. Hy het op Vrydag, 21 April, die boekoorhandiging by Laerskool Vredendal gehad, juis omdat ’n paar van die skool se leerders deel was van die CD-opname.
Wat was die motivering vir hierdie boek?
Die positiewe terugvoer van my RSG-praatjie, Groeipyne, met Johan van Lill, het gewys daar is ’n spesifieke behoefte vir die Afrikaanssprekende kind. Dit het my gemotiveer om iets vir die Afrikaanse kleuter te skep. Die genot wat musiek vir kinders bied, het my inspireer om iets te probeer skep waarvan hulle hou.
Is dit jou eerste publikasie in hierdie genre?
Ek het reeds ander musiekpublikasies op die rak. My eerste publikasie was Kom speel en sing saam. Dit het die belangrikheid van beweging vir die kleuter aangespreek. Daarna het Rimpelstories Graad 1 en 2 gevolg wat musiek gebruik om taalonderrig te versterk.

Gee ’n oorsig oor die inhoud van die boek en CD.
Die boek gaan oor die gebruik van musiek in die ontwikkeling van perseptuele vaardighede.
Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede is baie belangrik vir die vaslegging van alle toekomstige ontwikkeling en leer.

Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede kom ook in alle vorme van leer voor. Die meeste van hierdie vaardighede kan deur musiek ontwikkel word. Verder kan musiek maklik geïntegreer word met ander vakke soos taal, wiskunde en lewensvaardigheid.

Is jy weer besig met nuwe skryfwerk?

Ek het reeds stories vir sommige van die liedjies geskryf en lesplanne vir onderwysers opgestel. Die stories en lesse kan gratis aangevra word deur net ’n e-pos te stuur aan loucor1@absamail.co.za

Ek sal beslis hierdie boek vir elke ouer aanbeveel, dit is baie hulpsaam by die huis en in die klas. Die kinders sal die boek en CD beslis geniet en baie genot, sowel as vaardighede in hierdie boek vind.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?