Koffiekoekies, net soos ouma dit gemaak het

Koffiekoekies is heerlik, veral as jy dit in jou koffie of tee doop en dit wegsmelt in jou mond. Hieronder volg die resep vir die lekkerste koffiekoekies.

Bestanddele (vir koekies):

750 ml botter
250 ml suiker
25 ml stroop
25 ml koffie-ekstrak
5 ml vanieljegeursel
60 ml melk
5 ml koeksoda
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Metode:
Klop botter en suiker goed saam.
Meng die melk en koeksoda.
Meng alles met die koekmeel en knie tot dit ’n deeg vorm.
Rol die deeg uit.
Sny nou die vorm van die koekies uit.

Bak dit teen 180 grade vir 20 minute.

Vulsel:

250 ml suiker
125 ml melk
250 ml botter
5 ml vanieljegeursel

Metode:

Kook vulselbestanddele saam vir 5 minute.
Klop tot koud en styf.

Skep vulsel op gaar koekies en plak twee opmekaar. Geniet!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?