KKNK 2017

Die Paasnaweek is om die draai en as jy nog nie planne het oor wat jy en jou gesin kan doen tydens Paasfees nie, het ek net die regte oplossing. Wat van die KKNK 2017?

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind plaas van 8 tot 15 April op Oudtshoorn, en dit is beslis ’n moet op jou Paasnaweek-lys. Jy en jou gesin kan ’n lekker uitstappie daarvan maak. Vanjaar se KKNK bied tonne vermaak, stalletjies en goeie musiek, so wat meer het mens nodig?

Indien jy na hierdie wonderlike fees toe wil gaan, kan jy kaartjies by Computicket koop en verblyfreëlings kan aanlyn gedoen word. As jy wil sien wat vanjaar se KKNK inhou, besoek gerus hulle webblad by www.kknk.co.za.

Maak ’n draai, dalk is dit net wat jy en jou gesin nodig het om bietjie te ontspan en net lekker agteroor te sit, na goeie musiek te luister en goeie geselskap te hê. Hoop om julle daar te sien!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?