Kersete by Die Keldery

Die Keldery is geleë by die Spruitdrift Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad en is een van die gewildste en stylvolste restaurante in die Matzikama-streek. Dit spog ook met ’n pragtige uitsig oor die Maskamberg-reeks.

Die Keldery is nie net oop vir toeriste hierdie feesseisoen nie, maar bied ook ’n Kersfees-ete aan op Maandag, 25 Desember. Jy kan uitsien na geregte soos brokkolislaai met roomsous, die lekkerste bobotie-phyllomandjies as voorgereg en vir hoofgereg is daar lamspastei, geroosterde beesvleis, hoenderboudjies, gegeurde rys en spinasie. As jy ’n soettand het, sal jy beslis die sjokoladetertjies geniet. Die Kersete beloop R280 per persoon.

“Ons nooi almal gedurende die feesseisoen uit om saam met ons by Die Keldery te kom kuier, om die feesseisoen in styl te vier en om die laaste paar dae van 2017 te geniet,” sê Adri Coetzee restaurant- en funksiekoördineerder.

Bring jou gesin en kom geniet ’n heerlike bord kos in goeie geselskap. Besprekings vir die Kersete is noodsaaklik. Kontak Die Keldery by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek en om teleurstelling te voorkom.

“Baie dankie aan al ons kliënte vir die ondersteuning in 2017. Die Keldery se personeel wens al ons kliënte ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe,” sê Coetzee.

Om ’n bespreking te maak vir die Kersete of om meer uit te vind oor Die Keldery se toeriste-verrigtinge tydens die feesseisoen, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com.

Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery of besoek Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?