Jy kan ’n wenner wees!

Build It is besig met hul nasionale promosie en jy kan deel hiervan wees. Sewe Nissan NP200 bakkies is op die spel in ’n landwye kompetisie.

Met ’n 1.6 liter-enjin, vyfspoed-handratkas, geventileerde skyfremme by die voorwiele, elektroniese anti-diefstalbeheer en kragstuur, is die bakkie gereed om jou besigheid, familie of selfs jou lewe te verbeter. Dié halfton-bakkie word verkoop vir R149 900 tot R169 900 by verskillende motorhandelaars.

By Build It Vredendal verstaan ons hoe belangrik ’n bakkie kan wees veral om besighede te verbeter. Van die vervoer van sand, tot bakstene, motorfietse en troeteldiere op teerpaaie én grondpaaie, bakkies is voertuie wat generasies lank by hul eienaars kan bly.

Al wat jy moet doen om volle voordeel uit hierdie ongelooflike geleentheid te trek, is om jou naam, die naam van die winkel waar jy ’n produk gekoop het (soos Build It Vredendal), en jou strokie-nommer na 45680 te SMS. Onthou, dit is SA-winkels.

Build It Vredendal is net langs die Maskam Mall geleë. Vir meer inligting oor Build It Vredendal, besoek gerus hulle Facebook-blad https://www.facebook.com/BuilditVredendal/ of kontak hulle by 027 213 2260.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?