Is jou noodhulpsakkie vakansie-gereed?

Met die feesseisoen reis baie na ander plekke en vergeet soms dat ongelukkies vinnig kan gebeur. Dit is belangrik om vir enige noodgeval gereed te wees om met enige snyplekke of hoofpyne vinnig dokter te speel.

Andries Burger, paramedikus op Citrusdal, het ’n lysie saamgestel oor wat alles hierdie feesseisoen in jou noodhulpsakkie moet wees:

  • ’n Termometer vir as iemand olik voel om sy/haar temperatuur te meet
  • Tweezers om splinters te verwyder
  • ’n Skerp skêr om verbande ens. te knip
  • Parasetamol-tablette of stroop vir koors en pyn
  • Gaasblokkies om wonde skoon te maak of om op die wonde te sit voor toedraai
  • Gaasverbande om seer plekkies toe te draai
  • Kleefband om seker te maak wonde bly toe
  • Pleisters
  • Nasale spuit om oortollige slym te verwyder
  • Antihistamien-room of enige ander room wat help met insekbyte en uitslag
  • Watte
  • Ontsmettingsmiddel om snye en skrape skoon te maak
  • Brandsalf of brand-gel
  • Antibakteriese salf
  • Klein flits
  • Medisyne of tablette vir diaree
  • Rehidrasie-elektrolietoplossing om met dehidrasie-probleme te help
  • Teensuurmiddel vir sooibrand
  • Antihistamien-tablette of stroop vir allergieë
  • Antiëmetiese tablette om naarheid te behandel
  • Tablette vir krampe
  • Plastiek nie-latex handskoene
  • Haakspelde
  • Hoesmedisyne

“Onthou om alle skerp voorwerpe weg te hou van die kinders asook om toerusting met alkohol skoon te maak,” sê Burger.

Burger moedig ook aan om alle noodnommers soos die ambulans, polisie of enige familielede op ’n papiertjie in jou noodhulpsakkie te pak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?