Hou jou gesin hierdie winter só gesond

Die einde van die winter is nog nie in sig nie, apteke is vol hoesende en proesende mense en die rakke wat gewoonlik vitamienpille en ander hulpmiddels teen verkoue dra, is leeg. In die winter is dit oor die algemeen makliker om siek te word, daarom is dit belangrik om na jou gesondheid om te sien die volgende paar weke. Hier is vyf praktiese maniere om jouself en jou gesin gesond te hou terwyl almal anders siek is.

  1. Was gereeld jou hande met seep en water.  Kieme hou daarvan om op deure se handvatsels en ander oppervlaktes te broei.
  2. Bêre altyd jou medisyne op ’n veilige plek in die huis en ook in hul oorspronklike verpakking sodat jy dit kan weggooi as dit verval het en ook seker is van die dosis wat die dokter voorgeskryf het.
  3. Kry alternatiewe oefeninge wat jy binne die warmte van jou eie huis kan doen. As jy wel siek word, staak alle vorms van oefening tot jy gesond is.
  4. Dit is moeilik om in die winter gesond te eet, maar as jy reg eet sal dit sorg vir ’n gesonde vel en ’n sterk immuunstelsel. Eet genoeg groente en vrugte om seker te maak jy kry al die nodige vitamines wat jou lyf nodig het. Moet ook nie vergeet om genoeg water te drink nie.
  5. Maak seker jy kry genoeg slaap sodat jou immuunstelsel sterker kan word, en jou brein en jou lyf kan rus.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?