Hoor bietjie hier sonder jou oorfone

Een van die beste uitvindsels ooit moet oorfone wees. Wanneer jy oorfone dra, kan jy selektief wees oor wie of wat jy wil hoor op gegewe oomblikke. As jy verveeld is kan jy jou gunsteling treffers luister of as jy fliek, hoef die hele gesin nie te hoor hoe bomme in die fliek ontplof nie. Wees wel versigtig, want jy kan dalk jou ore beskadig as jy die klank te hard aan het. Doen hierdie toetse om seker te wees dat jou oorfone nie jou gehoor belemmer nie.

Doen ’n oor-lui-toets. Probeer om vir twee of drie dae heeltemal sonder die musiek in jou ore deur middel van jou oorfone deur te bring. Daarna plaas sagte oorpluisies in jou ore en konsentreer net op jou asemhaling. Daar is veronderstel om ’n effense lui-geluid in jou ore te wees. Dit word die bas-lyn genoem. Die volgende dag kan jy weer jou musiek luister, maar word opgevolg met ’n aand daarsonder net met jou oorpluisies in stilte. As jou ore harder lui as voorheen, weet jy dat jou musiek te hard is.

Indien jy jou musiek kan hoor wanneer jy jou oorfone afhaal en vooruit strek teen armlengte, is die volume te hard en kan dit skade veroorsaak aan jou gehoor. Jy kan ook jou volume monitor, deur altyd seker te maak dat die volume nie hoër is as die helfte nie. Indien dit teen 60% harder gestel is, is kanse goed dat jy in die langtermyn skade aan jou gehoor kan rig. Kom dus in ’n positiewe gewoonte deur altyd seker te maak van jou oorfoon-volume. As jy onseker is van hoe hard jou musiek regtig is, kan jy bloot iemand vra of hulle jou musiek kan hoor as jy jou oorfone gebruik.

Jy mag dalk reeds aan gehoor probleme ly sonder dat jy dit besef. Kyk uit vir die volgende simptome:

  • As jy enigsins een of meer van ’n lui-, kliek-, druisende-, suisende-of vibrerende klanke in jou ore hoor.
  • As jy sukkel om te hoor in areas waar daar gewoonlik ’n gedruis is, bv. In die kerk, op die straat of in ’n kroeg.
  • As dit klink asof die klank gedemp word in jou oor.
  • As jy konstant iemand vra om te herhaal wat hulle sê of die volume op jou oorfone harder draai omdat jy nie kan hoor nie. Sommige mense praat soms onduidelik so word bewus van jou gehoorpatrone.

Kenners stel dus voor dat klank tussen 60 en 85 desibel gespeel moet word om gehoorskade te voorkom. As jy wel jou musiek teen 100 desibel verkies, moet jy na elke 15 minute ’n breek neem van jou oorfone.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?