Hoe om die perfekte wenkbrou-vorm te kry

Mens dink nie altyd daaraan nie, maar om mooi gevormde wenkbroue te hê is baie belangrik vir jou voorkoms. Mooi gedefinieërde wenkbroue skep die indruk dat jy jouself mooi versorg en dit laat jou ook jare jonger lyk.

Hieronder volg selfdoen-wenke om die perfekte wenkbrou-vorm te kry.

  • Stap 1

Laat jou hare eers lekker dik uitgroei. As jou hare uitgegroei is, is dit beter om jou natuurlike wenkbrou-vorm te sien.

  • Stap 2

Gebruik ’n wenkbrou-potlood en omlyn jou wenkbrou daarmee met die vorm wat jy wil hê. Gebruik dan ’n wenkbrou-borseltjie of skoon tandeborsel en borsel die hare netjies opwaarts.

  • Stap 3

Gebruik dan ’n klein manikuur-skertjie en knip die lang hare wat oor jou omlyner lê, af.

  • Stap 4

Voor jy begin pluk met die tweezers, smeer ’n klein bietjie skoon petroleum jellie of enige ander nie-gegeurde en nie-alkoholiese olie aan jou wenkbroue. Dit help met die sensitiwiteit van jou vel en verminder die seerkry as jy pluk.

  • Stap 5

Begin alle fyn haartjies pluk in die rigting wat dit groei.

  • Stap 6

Sodra jy jou wenkbrou-vorm sien, kan jy ’n wenkbrou-potlood gebruik om dit donkerder en voller te laat lyk.

Onthou om altyd jou wenkbroue in natuurlike lig te doen. Dit is ook beter om jou wenkbroue na ’n warm stort te doen. Die warm water help om die follikels oop te maak sodat die plukkery makliker en met minder pyn afloop.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?