Herfs-avonture

Die wintermaande is hier en dit maak mens sommer dadelik lus vir knus aande voor die kaggel, maar niemand het gesê jou dae moet minder snoesig wees nie! Liezel Malherbe van 9Lives vertel vir ons meer oor hoe sy die koue gaan aandurf dié winter.

 

Ek is ongelooflik opgewonde oor die winter/herfs-klerereekse wat in winkels begin verskyn. Dit gaan oor om jouself warm toe te vou in poncho’s en serpe, oor snoesige dik truie saam met breërand-vilthoed en leerstewels.

Ek is veral lief vir die Boheemse style, Suid-Amerikaanse invloede en delikate Oosterse blomme. Ek sien baie fyn borduurwerk op oopknoop-bloesies, kimono’s en jasse, asook etniese patrone op toevou-lappe en serpe. Ek dink dat dit dié seisoen is om ’n paar pragtige beleggings aan te skaf.

My gunsteling aspek van die seisoen is lae klere, wat beide snoesig en prakties is. Jy moet in staat wees om jou swaar jas uit te trek sodra die son sy kop uit steek, en om dit weer vinnig aan te trek wanneer die wolke inrol. ’n Tydjie gelede het ons in ’n berglodge in die Karoo gebly waar ons toe dié weer gehad het – ongelooflike donderbuie het deur die nag weerklank en vlae reën het deur die hele oggend in die vallei afgestort met oomblikke waar die son ’n vinnige verskyning gemaak het.

Toe die wolke oopgetrek het, het ons afgestap na die rivier om ’n paar fotos te neem. Dit was briljant om so naby die stromende water te wees met druppels wat van die groot populierboom val en die reuk van nat grond om ons. Ek kan nie wag vir nog koue weer nie!

Ek glo dat jou winter klerekas ’n paar stewige stewels moet inhou – dit is ’n lewenslange belegging as jy ordentlik na dit omsien. Die paar wat ek hier aan dra, is van Green Cross en hulle is besonders gemaklik en mooi.

My hoof kledingstukke sluit in ’n snoesige, dik trui en ’n dik poncho wat ek oor my kan gooi wanneer daar ’n koel briesie waai. Poetry het veral ’n mooi versameling dié seisoen en jy moet beslis gaan loer. Laastens, is geen klerekas volmaak sonder die perfekte denim nie en my keuse is die Levi 711.

Bobble polonektop R799, geometriese patroon omkeerbare poncho, R499, poetrystores.co.za, Levi’s 711 hoësnit noupyp-denim, levis.co.za, bruin leerstewels R2999, Green Cross

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?