Heerlike suurlemoenmeringuetert

Suurlemoenmeringuetert is een van die lekkerste nageregte wat jy kry – die vulsel smelt sommer so weg in jou mond.

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies
125 g botter
Krummel die tennisbeskuitjies dat dit soos broodkrummels lyk en smelt die botter. Meng die botter en die krummels en druk dit vas in ’n tertbak. Laat dit dan in die yskas rus om ’n harde kors te vorm.

Vulsel:
385 g kondensmelk (1 blik)
3 eiergele (hou eierwitte eenkant vir die bolaag)
125 ml suurlemoensap
Meng al drie bestanddele in ’n bak en skep dit dan bo-op die kors.

Bolaag:
3 eierwitte
125 ml versiersuiker
15 ml meel
Klits die eierwitte tot styf. Voeg dan geleidelik die versiersuiker en meel by die eierwit. Klits tot styf. Spuit (met ’n spuitsak) of smeer die eierwit op die vulsel.

Bak by 180 grade vir 10-15 minute of tot die punte van die eierwitlaag mooi bruin is. Laat dit afkoel in die yskas en geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?