Heerlike sagopoeding

Sagopoeding is heerlik op soveel maniere, jy kan dit as ’n nagereg eet of sommer net as jy lus is vir ietsie lekker. Hieronder volg die resep vir ’n heerlike sagopoeding.

Bestanddele:
4 koppies melk
1 koppie sago
2 eetlepels botter
¾ koppies suiker
1 teelepel vanieljegeursel
appelkooskonfyt
knippie sout
4 eiers

Metode:
Stel oond op 180 grade celsius.
Kook melk, suiker, sout en sago totdat sago deurskynend is.
Laat dit effens afkoel.
Roer die botter by.
Voeg effens geklitse eiergele en geursel by.
Skep in gesmeerde vuurvaste bakskottel.
Smeer appelkooskonfyt bo-oor.
Klits eierwitte styf met 6 eetlepels suiker.
Skep bo-oor konfyt en bak tot ligbruin.

Geniet

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?