Heerlike gemmerkoekies

’n Koppie koffie is altyd lekker na ’n heerlike bord kos, en ’n gemmerkoekie wat saam dit gaan, is nog beter. Hier volg ’n heerlike gemmerkoekieresep.

Bestanddele:

3 x 500 g bruismeel
2 eetlepels kremetart
2 eetlepels koeksoda
2 eetlepels gemmer
1 teelepel sout
500 g stroop
1 kg sagte bruinsuiker
6 eiers

Metode:

Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in die droë bestanddele in.
Verhit die stroop en voeg die bruinsuiker by.
Laat dit afkoel en voeg die eiers by.
Meng al die bestanddele bymekaar.
Vorm die deeg in balletjies en bak dit teen 180 grade tot dit bruin is.

Geniet saam met ’n heerlike koppie koffie of tee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?