Probeer hierdie smullekker bobotie vir Sondagmiddagete. Dit is beslis ’n wenresep waarmee jy nie verkeerd kan gaan nie.
Bestanddele:
1 ui, opgekap
1kg maalvleis
sout en peper
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 dik sny witbrood, geweek in 1 koppie melk
1 eetlepel Worcestersous
3 eetlepels asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
Metode:
- Braai ui en maalvleis tot bruin.
- Druk melk uit die sny brood, maak fyn, en meng met die res van die bestanddele.
- Voeg dit by die vleis in die pan.
- Roer goed tot gaar.
- Sit in vuurvaste bak.
- Meng 2 eiers met 1 koppie melk en gooi dit bo-oor die mengsel.
- Druk ’n paar lourierblare in.
- Bak vir 45 minute teen 180 grade.
- Bedien met blatjang, klapper en piesangs.