Draadjies – die pynlike reis na ’n Hollywood-glimlag

Meeste kinders, tieners of selfs middeljariges word deur hul tandarts aanbeveel om draadjies te kry as hul gebit effens skeef groei. As gevolg van die feit dat gene ’n groot rol speel in die groei van jou tande, werk ons wetenskaplikes baie maniere uit om jou tande eksie-perfeksie te kry, al het jy slegte gene. Dit is egter ook baie belangrik dat jy die moets en moenies van draadjies goed moet verstaan. Draadjies is ’n baie duur behandeling en gaan jou niks help as jy dit nie reg versorg en oppas nie. As jy of jou kind pas draadjies gekry het of binnekort moet kry, kan jy gerus die volgende wenke volg wat jou ’n oorsig sal bied oor wat vir jou voorlê.

Weet watter kos jy mag en nie mag eet nie

Nie alle kossoorte is gepas en veilig om aan weg te lê terwyl jy draadjies in jou mond het nie. Dit word dikwels deur pasiente ondervind dat hul kakebeen seer is pas nadat die draadjie opgesit of verstel is. Dit is heeltemal normaal omdat die tande tog in plek gedruk word deur hierdie mediese tegniek. Bly weg van harde lekkers of neute. Die spreekwoord lui: “ ’n Appel ’n dag laat die dokter wag.” Dit is egter nie heeltemal waar as jy draadjies het nie. As jy aan ’n vars krakerige appel byt, kan dit baie skadelik wees vir jou gebit. Die appel kan in jou draadjies vassit of self veroorsaak dat een van die blokkies kraak. Dit sal erge pyn veroorsaak. Dit sal baie wys wees om jou kos in bytgrootte stukkies te sny.

Vlos sal jou beste vriend raak

Jy moet seker maak dat wanneer jy of jou kind draadjies het, hulle behoorlik hul tande vlos. Stukkies kos wat tussen jou tande vassit, kan veroorsaak dat onnodige bakterieë tussen jou draadjies vorm. Kos bou ook onder jou tandvleis op en dus is dit ook baie belangrik dat jy onder jou tandvleis skoonmaak om te verhoed dat enige seertjies vorm.

Besoek gereeld jou tandarts

Dit is van kardinale belang dat jy te alle tye seker maak jou tande is in tip-top toestand. Veral as jy draadjies het. ’n Besoek aan jou tandarts kan wondere verrig. Jou tandarts moet gereeld jou draadjies verstel, dis hoekoem jy gereeld ’n besoek moet bespreek.a

Daar het jy dit! Om ’n mooi glimlag te hê is verspot maklik.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?