Die perfekte haarstyl vir jou

Is jy op soek na ’n nuwe haarstyl maar jy is nie seker watter tipe haarstyl by jou gesigvorm sal pas nie? ’n Vrou se hare is vir haar een van die belangrikste elemente van haar voorkoms. Hier is ’n paar wenke wat jou sal help om die regte haarstyl te kies:

Maak eers seker watter gesigvorm jy het:

Ovaalvormig:

Kies ’n haarstyl met sagte krulle of selfs langer lae, maar wees versigtig vir swaar kuiwe.

Hartvormig:

Medium tot langhaarstyle sal perfek werk vir iemand met ’n hartvormige gesig. Jy kan ook ’n bob probeer. Moet liefs nie korthaarstyle probeer nie en ook nie soliede kuiwe nie.

Vierkantig:

Probeer sagte lae met baie tekstuur maar bly weg van reguit kuiwe of middelpaadjies.

Rond:

Reguithare met volume is die perfekte haarstyl maar vermy haarstyle soos reguit kuiwe.

Driehoekig:

Hou jou hare lekker dik by jou ore en die kuif skuins in jou gesig, sodat dit die klem van jou voorkop wegvat.

Met hierdie haarstyle en wenke kan jy nie verkeerd gaan nie. Probeer dit en spog met jou nuwe voorkoms.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?