Die Keldery het die ideale venue vir jou groot dag

Troukoors is iets wat nooit uit die mode uit gaan nie. Het jy onlangs verloof geraak? Is jy nie seker oor ’n venue vir jou groot dag nie? Moenie verder daaroor stres nie want Die Keldery se venue is net wat jy nodig het om daardie sprokiestroue van jou waar te laat word.

 

By Die Keldery kan jy jou groot dag vier en jou liefde herdenk. Indien jy jou sprokiestroue beplan en dit ’n werklikheid wil maak, kan jy Die Keldery kontak. Die Keldery is die ideale venue wat gepas is vir troues met die mooiste versierings asook ’n lys van smullekker geregte sodat jy jou eie spyskaart kan kies en aanmekaarslaan. Jy het ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte om van te kies.

 

Die venue kan tot 120 gaste akkommodeer en daar is ’n tent wat jy kan huur wat ruimte het vir 180 mense. Daar is ook ’n dansbaan en kontantkroeg beskikbaar asook gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe wat geskik is vir jou as jy jou droomtroue in die buitelug wil hê.

 

“Dit maak ons by Die Keldery baie gelukkig om te sien hoe paartjies hul groot dag hier by ons geniet! Ons gaan uit ons pad om die dag vir hulle besonders te maak!” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

 

Moenie huiwer om Die Keldery te kontak nie. Die personeel sal al die reëlings namens jou tref en sal jou en jou gaste op die hande dra tydens jou grootdag.

 

Vir enige navrae of om meer uit te vind oor Die Keldery se venue, skakel gerus  027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?