Die Keldery, die perfekte venue vir wynparing

Die Keldery Restaurant is geleë tussen Vredendal en Klawer en is beslis ’n moet op jou vakansielysie! Dit is die amptelike proelokaal van Namaqua Wyne en nie net kan jy wyn proe nie, maar ook wynparing doen met sjokolade of biltong en die dag saam jou vriende en familie by hierdie pragtige plek geniet.

By Die Keldery kan jy elke Vrydag 20% afslag kry op enige van jou gunsteling Namaqua-wyne! Dit is beslis ’n winskopie en deur op Vrydae die 20% afslag te kry, spaar jy geld en kan jy verseker wees dat jou wynrak mooi vol is.

Jy kan ’n gratis wynproe by Die Keldery geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe en pas geniet. Die Keldery bied ook ’n druiwesap proe vir kinders aan sodat hulle nie uit voel terwyl die grootmense aan hul volwasse drankies teug nie.

“Dit is nie nodig om ’n afspraak te maak vir die wynproe nie, maar dit is raadsaam om ons eers vooraf te kontak om seker te maak dat ons nie ’n funksie op daardie betrokke dag het nie,” sê Adri.

Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus  027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?