Die beste Vadersdaggeskenke

Op Sondag 17 Junie moet jy beslis jou pa bederf met ’n geskenk. As jy nog geen benul het wat om te gaan koop nie, kan jy gerus hier onder lees vir oulike idees oor hoe jy jou pa behoorlik spesiaal kan laat voel.

Om die beste geskenk vir jou pa te koop, moet jy weet presies waarvan jou pa hou. Dit hoef nie noodwendig ’n groot geskenk te wees nie. Enigiets wat jy met liefde vir hom gee, sal sy Vadershart verbly.

  • Knipmes

As jou pa gek is daaroor om te gaan jag of om besittings soos sulke mooi geskenke uit te stal, sal hy mal wees oor ’n knipmes. ’n Knipmes is prakties en kan gebruik word om ’n lekker stukkie blitong te kerf.

  • Gereedskap

Hou jou pa daarvan om homself handig te maak in die motorhuis? Besoek gerus jou hardewarewinkel en koop vir hom ’n gereedskap stel. Dit is iets wat hy baie kan gebruik. Jy kan selfs vir Built It op Vredendal besoek en ’n geskenkbewys koop dat jou pa sommer self sy gunsteling gereedskap kan gaan koop.

  • Wyn, whiskey of bier

Wat is dan lekkerder as ’n lekker drankie om te ontspan? As jou pa mal is oor ’n gesogte bottel whiskey of wyn, kan jy gerus vir hom ’n bottel van sy keuse koop. Jou pa sal mal wees oor iets om nog lank te kan geniet.

  • Naskeermiddels

’n Lekker naskeermiddel is altyd ’n wenner. Dus kan jy ’n naskeermiddel koop wat jy weet jou pa van sal hou. Jy kan sommer ’n skeermes ook by die pakkie sit wat dit ekstra spesiaal sal maak.

  • Biltong of droëwors

Biltong en droëwors is altyd ’n wenner as jou pa ’n vleisliefhebber is. Met die rugbyseisoen in volle gang sal ’n stukkie biltong heerlik afgaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?