Daaglikse grimering-roetine vir die somer

Grimering het oor die jare baie gewild geraak en is nou al deel van meeste se daaglikse roetine – al is dit om pigmentasie of velletsels te verbloem, jou selfbeeld ’n hupstoot te gee of om jou voorkoms te definieer.

“Oud en jonk eksperimenteer met grimering, of jy nou ’n amateur is of professioneel,” sê skoonheidsterapeut, Daneil Jenner van Vanrhynsdorp. Jenner het ’n passie vir skoonheid en grimering en het haar kwalifikasie as velterapeut vanBN Academy ontvang.

Jenner deel haar wenke oor hoe om ’n natuurlike voorkoms vir die somer met grimering te doen.

“Eerstens is alles nutteloos sonder ’n goeie velsorgroetine,” beraad sy.

Gebruik ’n reiniger om die olierigheid van jou gesig af te was. Spoel dan jou gesig met skoon water af. Gebruik dan ’n tonikum om al die porieë op jou vel toe te maak en jou vel te verfris. Smeer dan ’n oogroom aan enige oogplooie en vir donker kringe om die oë is dit noodsaaklik om ’n oog-gel te gebruik. Donker kringe om die oë is gewoonlik die eerste tekens van veroudering en die oog-gel help om dit te verbloem. Hierdie stap is glad nie onderhandelbaar nie, al is jou vel ook hoe olierig – dit is goed om bevogtiger op jou gesig te gebruik. Verkieslik iets wat sonbrand voorkom, gewoonlik met ’n SPF hoër as 15.

“Dit is die daaglikse velsorg-roetine voordat enige grimering aangewend moet word,” sê Jenner.

 

  • Primer

 

Smeer ’n primer aan jou gesig voor jy met onderlaag begin. ’n Primer help om die grimering wat jy gaan aanwend, in plek te hou.

  1. Onderlaag

Dit is noodsaaklik om ’n skakering te kies wat die naaste aan jou veltoon is. Gebruik ’n klam spons of grimeringskwas om die onderlaag aan te wend.

  1. Verbloemer

Gebruik dan ’n ander spons of grimeringskwas om die verbloemer aan donker merke op jou vel aan te wend.

  1. Poeier

Om die olierigheid te beheer en jou grimering vir ’n langer tyd vars te laat lyk, is die aanwend van ’n poeier noodsaaklik.

  1. Blosser of bronzer

Gebruik ’n blosser of bronzer om die wangbene en ander geliefkooste areas in jou gesig te definieer.

  1. Oogskadu

Oogskadu is nie so belangrik vir ’n natuurlike voorkoms nie, maar jy kan dit wel gebruik. Gebruik dus neutrale-of roomkleurige kleure en wend die oogskadu met ’n oogskadu-borseltjie aan jou ooglede aan.

7.Oogomlyner

Gebruik ’n oogomlyner teenaan jou boonste en onderste wimpers. Oogomlyner word meer gebruik vir ’n aand-voorkoms omdat dit die illusie gee dat die oë groter en donker is. As jy vir ’n meer dramatiese-voorkoms wil gaan, is die oogomlyner jou beste maatjie.

8.Maskara

Sit 2 tot 3 lae maskara aan om jou oogwimpers definisie te gee. Dit laat lyk jou wimpers langer en gee volume daaraan.

9.Lipstiffie

’n Neutrale kleur lipstiffie is perfek vir die natuurlike voorkoms. Smeer ’n klein bietjie lipglans agterna aan om jou lippe bietjie te laat blink.

“Hou altyd lipstiffie, poeier en maskara in jou handsak. Jy weet nooit wanneer jy dit nodig gaan kry nie en dit kom te pas vir oggende wanneer jy baie haastig is,” sê Jenner.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?