Braaibroodjie-pastei

Probeer hierdie smullekker braaibroodjie-pastei. Dit mag dalk net die perfekte gereg wees vir jou volgende braai wat jy beplan.

Bestanddele:

2 rolle skilferkorsdeeg

60 ml blatjang

250g kaas

2 uie in skywe gesny

2 groot tamaties in skywe gesny

sout en peper

Metode:

  1. Spuit jou rooster met kleefwerende kossproei, of verf ‘n bietjie kookolie aan die rooster om te keer dat jou deeg vassit.
  2. Rol die eerste rol deeg uit op die rooster uit op ’n plat oppervlak.
  3. Smeer die blatjang heel onder op die deeg, plaas die kaas, gevolg deur die uie en tamaties bo-op.
  4. Geur met sout en peper na smaak.
  5. Plaas die tweede roldeel bo-op en druk die rante goed vas, sodat die vulsel nie uitval nie.
  6. Braai oor stadige kole totdat die deeg goudbruin en bros is aan beide kante.

Berig verskaf deur www.facebook.com/nieuwoudtvilleslaghuis/. Hou hul Facebook-blad dop vir weeklikse aanbiedinge en resepte en besoek nieuwoudtvilleslaghuis.com of bokveldlam.com vir meer inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?