Bosbessie, appel en kruierys-slaai

Hierdie is ‘n lieflike gereg vir die warm somermaande. Probeer dit gerus saam met geroosterde hoender, as ’n bykos vir die braaitafel of geniet die slaai sommer op sy eie.

Tyd: 30 minute
Bedien: 6 tot 8 mense

4 koppies gekookte bruinrys
50 g kasjoeneute
50 g pampoensade
20 g of ’n handvol pietersielie
20 g of ’n handvol dille
20 g of ’n handvol uiegras
1 Granny Smith appel
50 g sonneblomsaad
50 g gedroogde bosbessies
100 g feta
Swartpeper
Olyfolie

Maal die kasjoeneute rofweg in ’n stamper en vysel.
Verhit ’n droë pan oor medium hitte. Rooster die kasjoeneute en pampoensade totdat die neute goud word en die sade geknal het.
Kap die kruie op en sny die appel in vuurhoutjies.
Meng die rys, kasjoeneute, pampoensade, sonneblomsade, kruie, appel, bosbessie en feta.
Geur met swartpeper. Bestrooi met olyfolie en bedien.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?