Bederf jou kinders hierdie Paasfees

Paasfees is ’n wonderlike tyd van die jaar, nie net omdat dit ’n langnaweek is nie, maar veral oor die betekenis daarvan. Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier.

Paasfees vier die opstanding van Jesus Christus wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het. Paasfees verwys ook na ’n seisoen in die kerkjaar, en duur vir vyftig dae, van Paas-Sondag tot Pinksterdag.

Kinders sien veral uit na Paasnaweek want die skool is gesluit en hulle weet hulle gaan bederf word met Paaseiers of dalk ’n naweek weg saam met hulle ouers. Hieronder volg ’n paar maniere hoe jy jou kinders hierdie Paasnaweek kan bederf.

Indien jy by huis is Paasfees, nooi jou kinders se maatjies en steek Paaseiers in die tuin en rondom die huis weg.
Hou ’n skattejag wat lei tot ’n groot Paashaas-teddiebeer en sjokolade.
Maak interessante peuselhappies wat soos hasies lyk.
Neem die familie weg vir ’n naweek soos ’n kampplek en hou ’n skattejag in die kampeerterrein.
Hou ’n familiebraai en maak lekker Paaseier-pakkies op vir die kinders.

Met ’n klein bietjie moeite kan jy soveel meer oor die Paastyd doen, so volg hierdie paar wenke en maak Paasfees vanjaar ekstra spesiaal.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?