Akute rugpyn

Akute pyn is die liggaam se natuurlike reaksie op enige skade wat die liggaam tref bv. ’n infeksie, sny of enige ander fisiese besering. Hierdie tipe pyn vind skielik plaas en klaar gewoonlik op na ’n paar weke of maande, indien dit korrek behandel word. Akute pyn kan ontaard in chroniese pyn, indien die oorsaak moeilik is om te behandel.

Volgens Anro-Mari Cohen, fisioterapeut by AMC Fisioterapeute, duur akute pyn korter as 30 dae, chroniese pyn meer as ses maande en subakute pyn tussen een en ses maande.

“Lae rugpyn is ʼn algemene verskynsel omdat jou lae rug die grootste deel van jou liggaam se gewig moet dra. Akute rugpyn word gewoonlik veroorsaak deur ʼn skielike beweging wat die spiere en ligamente van die lae rug seermaak. Dit kan ook gebeur wanneer jy ʼn swaar voorwerp verkeerd optel of te lank in een posisie is. Die spiere kan in ’n spasma gaan en die ligamente kan rek of skeur. Saam met die pyn kan jy ook tekens van styfheid en verminderde omvang van beweging toon en dit kan moeilik wees om regop te staan,” sê Cohen.

Cohen deel die volgende wenke oor akute pyn en hoe om die pyn te verlig:

  • Het jy ’n swaar voorwerp verkeerd opgetel?
  • Het jy iets gedoen wat jy nie elke dag doen nie? Dalk gaan draf, bal geskop, vloere gewas, gordyne gehang of meubels geskuif?
  • Is jy baie gespanne?
  • Het jy jou strek- of versterkingsoefeninge verkeerd gedoen, of moontlik oordoen?

Dit is belangrik om uit te vind wat jy verkeerd gedoen het, sodat jy dit in die toekoms kan vermy.

Wenke om die pyn te verlig:

  • Ontspan, haal diep asem en sê vir jouself: “My seer rug sal nie my dag bederf nie”.
  • Pace jouself: neem rus kanse tussen aktiwiteite.
  • Sit ʼn warmwatersak op jou lae rug vir 20 min. Die hitte laat jou spiere ontspan.
  • Gaan vir ’n massering of behandeling by jou fisioterapeut.
  • Neem medikasie indien dit deur ʼn dokter voorgeskryf word.
  • Slaap met ʼn kussing tussen jou bene.
  • Moenie op jou maag lê of op ʼn lae, sagte stoel gaan sit nie.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?