Aarbei-verrassing

Hierdie resep is veral heerlik in die warm somermaande wanneer vars aarbeie in seisoen is. Jy kan dit ook as individuele porsies voorsit. Pak gesnyde aarbeie onder in mooi klein bakkies (of selfs teekoppies). Giet mengsel bo-oor en sit in yskas tot gestol. Sit voor met ekstra aarbeie en room of roomys.

Bestanddele:
1 verkoelde blikkie ingedampte melk (Ideal milk)
1 verkoelde blikkie kondensmelk,
Sap van ’n halwe suurlemoen
2 pakkies aarbeijellie
1 t gelatien
500g vars aarbeie

Metode:
Bespuit ’n jelliering/vorm liggies met Spray ’n Cook.
Maak aarbeijellie en gelatien aan met slegs ½ koppie kookwater en 1 k yswater. Laat afkoel.
Klits ingedampte melk en suurlemoensap tot dik en skuimerig.
Klits verkoelde jelliemengsel en kondensmelk by.
Pak vars skoongewaste aarbeie onder in jelliering en gooi mengsel bo-oor.
Laat stol in yskas en keer uit.
Bedien met roomys of room.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?