Lede van Lutzville-gholfklub vaar goed in junior ope op Ceres

Twee lede van Lutzville-gholfklub het baie goed gevaar by die junior ope-toernooi wat op Ceres gespeel is. Angelo het deelgeneem aan die o.15-kompetisie en Keenan aan die o.17-kompetisie.

Angelo het in die vierde plek geëindig met ’n totaal van 82 houe, tien houe bo baansyfer. Keenan het ook ’n vierde plek behaal met ’n totaal van 74 houe, twee houe bo baansyfer.

Baie geluk aan die twee van julle, ons weet julle het alles gegee.

Bron: Lutzville-gholfklub.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?