Wes-Kaapse brande plaas landbou onder druk

Die Wes-Kaap se landbousektor gaan steeds gebuk onder die droogte en kritieke watertekorte. Agri Wes-Kaap lewer steeds droogtehulp aan produsente in die droogterampgebiede. Die verwoestende brande wat sedert einde laasjaar in die Wes- en Suid-Kaap woed, plaas die landbou onder verdere druk met skade wat reeds aan duisende hektaar landbougrond aangerig is.

Miljoene rande se wingerd, boorde en landbou-infrastruktuur is vernietig wat ekonomiese volhoubaarheid onder druk plaas en na die totale gemeenskap uitgekring het. Die Wes-Kaap se rampbestuurspanne verdien krediet vir die doeltreffende wyse waarop brandbluspogings gekoördineer word. Agri Wes-Kaap bedank al sy produsente wat ten spyte van totale uitputting, gehelp het om brande in bedwang te probeer bring.

Dit is elke landsburger se plig om seker te maak dat sy omgewing en kosbronne bewaar word en Agri Wes-Kaap versoek dat enige bedreiging daarvan onmiddellik by die owerhede aangemeld word.
Bron: AgriOrbit (http://agriorbit.com/trekkerverkope-aansienlik-meer/)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?