Vrystaat Landbou se Jongboer-kompetisie vier mondigwording

Op 6 April 2017 sal die 21ste Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar, in samewerking met Standard Bank, in Bloemfontein aangekondig word. Op dieselfde dag vier VL se Jongboer-komitee hul 32ste bestaansjaar tydens hul jaarlikse konferensie. Die tema van die 2017-konferensie is “Die jongboer in die globale mark”.

Sprekers tydens die geleentheid sluit in Jacques Celliers, hoof uitvoerende bestuurder van FNB Suid-Afrika, en dr Dirk Strydom, bestuurder vir graan-ekonomie en bemarking by Graan SA. Myan Subrayan sal as motiveringspreker optree.

Die kompetisie het sy ontstaan in die Vrystaat gehad, en word aangebied om jongboere deur georganiseerde landbou te bemagtig vir volhoubare groei. Dit stel die jongboer in staat om op aspekte in sy boerdery te fokus wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het.

’n Span beoordelaars het die drie finaliste op 14 and 15 Februarie 2017 besoek. Eerste aan die beurt was Willie en Wilmien Stols van die plaas Gelykvlakte in die Vierfontein-omgewing, waarna Johan en Juanita van Huyssteen van die plaas Bloekom in die Virginia-omgewing besoek is. Herman Archer van die plaas Settlement in die Trompsburg-omgewing is die oggend van 15 Februarie 2017 besoek. – Persverklaring

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?